Jak pen temalied vir nuwe film

OPGEWONDE: Jak de Priester in een van die fliekteaters.

BEKENDE Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid, Jak de Priester, het die temalied vir die nuwe Koos Roets film, Hoener Met Die Rooi Skoene, geskryf en opgeneem en die musiekvideo vir hierdie aansteeklike liedjie is onlangs bekendgestel. Die video is vervaardig deur Jay Loots en sy span by Fathom Media.

Jak se loopbaan het in 2003 begin, nadat hy die ATKV Crescendo-kompetisie gewen het. Dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld, Sally Williams Nougat, op te neem. Dertien jaar, agt albums, een digbundel, ’n koffietafel-woordkunsboek en verskeie verhoogproduksies later, is Jak se loopbaan steeds besig om te groei.

“Dit is vir my baie lekker en ’n groot eer om betrokke te wees by die skryf van die temaliedjie vir Koos Roets se film. Ek het lanklaas iets vir TV of ’n film geskryf, so ek was baie opgewonde toe Alishia my kontak om te hoor of ek betrokke wou wees. Dit was ’n uitdaging, omdat ek nog nie die film gesien het nie, en die liedjie moes skryf met slegs die mediavrystelling en rowwe weergawe van die lokprent tot my beskikking. Ek het wel dadelik besef dat dit so ’n bietjie van ’n vyftigs-gevoel moes hê. Die feit dat hierdie ’n riller-komedie is, het my dadelik laat voel dat dit meer lewendig moet wees en die titel van die fliek is ook dadelik ’n liriek wat lekker op die oor val. Ek hoop dit doen eer aan die fliek self en vertel ’n lekker storie wat mense opgewonde gaan maak om die fliek te gaan kyk,” het Jak gesê.

Hoener Met Die Rooi Skoene gaan kykers laat regopsit, ril en skaterlag.

“Dis ’n aweregse, slimsnaakse moordstorie met soveel fyn kinkels dat jy jou asem gaan ophou terwyl jy heerlik lag,” het Lizz Meiring, wat die rol van Bonnie van der Byl vertolk gesê.

Gasspelers insluitend Anton Goosen, Leon Ecroignard, Soli Philander en Goitsemang Lehbyeword is ook te sien in Hoener Met Die Rooi Skoene wat op 27 Januarie landswyd vrygestel en versprei word deur Ster-Kinekor Entertainment.

Kyk hier na die video:

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Elzaan Pienaar
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top